
Hey dude, Ek het nog nooit die voorreg gehad om jou persoonlik te ontmoet nie, maar vandat ek 16 jaar oud is word ek deur jou en die Bellville manne beinvloed en mag ek net sê, “what a ride!”. Ek het geleer dat die wêreld nie meer kwaad genoeg is nie! Met al die bad stuff wat ons deesdae toelaat om te gebeur is ek dankbaar om nog so stukkie gesonde aggressie by julle te hoor…die wêreld is deurmekaar, dis nie meer net ons land wat brand nie…en al kry julle baie “flack” dink ek dis goed dat iemand bietjie opstaan en hul monde oopmaak en rage teen wat fout is in die wereld.
Maar ek wil graag vir jou die meeste dankie sê dat julle die skynheiligheid in die kerke kom ontbloot het…WHAT A SONG! Ek is self ‘n volgeling van Christus (al lyk dit nie 100% van die tyd so nie). Ek wil net namens al die “gelowiges”, “kerke” en “perfekte mense” opreg, jammer sê vir al die oordeel, veroordeel en seer wat ons moontlik vir julle gebring het. Jammer dat ons mense sê ons verteenwoordig Jesus en is ons soms so afgesonder en oordelend teenoor mense wat dalk groot vrae het of nie in Hom glo nie.
Ek het nog altyd julle musiek waardeer, maar waneer dit by julle uitgekom het was ek ‘n hele paar keer voor in die ry om julle te oordeel. Dit maak my flippen bly om vir jou te kan sê dat dit baie minder gebeur!
Jammer bra.
Ek moet bieg, soms wonder ek egter of julle nie maar met julle groot nemesis (die kerk) in 1 kraal slaap nie? Verstaan my reg, ek wil nie judge nie…maar soms wonder ek of julle nie julle self maar skuldig maak aan presies wat julle die christene van beskuldig en reg is oor nie? Doen julle nie maar dieslefde wanneer julle mense judge nie? En maak juis dit julle nie dan ook maar bloot net skynheilig nie? Miskien is skeinheilig vir julle ook geskryf?
Ek was so paar maande terug by back 2 basics toe julle daar in JHB gespeel het. Dit was ‘n Sondag net na koppi. In die een song het ons oog kontak gemaak en ek moet vir jou sê dit was seker die weirdste ervaring wat ek al in my lewe gehad het. Dit het vir my gevoel of ons altwee se persoonlikhede, soos noord en noord, op 2 magnete mekaar wegstoot. Daardie aand het my persepsie oor jou baie verander. Ek het gestaan en kyk hoe ‘n hele klomp skool kids aan jou lippe hang en jou toejuig elke keer as jy daai bass so goed laat sing. Maar dit was nie vir my ‘n positiewe ervaring gewees nie. Dit wat gesê en gedoen was, was nie gesond nie. Dit is nie oordat dit ‘n Sondag was nie, ek self het kerk ‘n skip gegee om die “van coke” show te gaan beleef, daar was net geen liefde in julle show nie.
Sedert daardie dag het ek baie mense (wat jou baie beter as ek ken) se persepsies oor jou gehoor en een ding het vir my uitgestaan… Almal dink ten spyte van als wat jy is en doen het jy meer potensiaal as wat jy dink jy besit. Ek verstaan net nie hoekom jy soms so negatief voorkom nie? Veral nie omdat jyself juis so teen die negatiewiteit van die wêreld rebeleer nie?
Dis amper asof ons by n rugby game sit…ek het geleer dat dit maklik is om op die kantlyn te sit en te “BOO!!!”, komentaar te lewer en die spelers met lemoene en bier bottles te gooi! Maar dis iets anders om self op te draf en die game te gaan jol…
Nou’s my vraag maar net…is dit nie beter om n positiewe impak te kom help maak nie? Julle skryf orie hemel daar in die platteland…en ek love dit…maar gister het ek en n paar dudes die hemel na die platteland toe gevat met kos en stuff, omdat daar besonderse paar vrouens is wat ten spyte van al die bad en teenkanting in die wereld vir n paar weeskinders in shacks probeer sorg…en op die flipside was dit ons wat vrede en sinvolheid in ons harte gevind het! Sien, ek het geleer dat om vir meer as net onself te leef, joy bring…en dat liefde ‘n baie groot verskil maak in mense se lewens, veral as jy dit bewys en nie net sê nie.
Ek wil jou uitnooi om jou eie persepsies te challenge en in jou denke te groei en met jou kreatiewe hart te gaan struggle, want daar is genuine net soveel meer! Die kerk het baie hiccups…jy weet dit beter as ek…maar wil jy ons nie eerder kom help om dit te change nie? Jy sien waar ons nodig het om te groei…wil jy ons nie help om met liefde te rage nie en hierdie mense se persepsies te gaan verander nie?
Ek ken ‘n paar mense wat liefde ‘n keuse maak en nie net ‘n gevoel nie. Wynand ek wil net vir jou sê dat ten spyte van wat jy als al gedoen, gesê en beleef het, ek kies om jou lief te hê vir wie jy is!
Baie mense gaan seker kommentaar op hierdie stuk hê en my as ‘n vriend add, net omdat ek die “guts” het om dit vir jou te skryf. Vir my gaan dit oor liefde. Ek probeer vir dit veg en as ek vir dit veg is dit nie om dit te kry nie, maar om dit te gee. Omdat ek jou nie eers op facebook as ‘n friend het nie is dit ongelukkig die enigste manier wat ek het om dit te doen. Ek probeer maar net dien.
Om nou ‘n baie lang brief af te sluit wil ek net met jou deel dat: Ek weet dat daar ‘n beter manier is om fans te kry as om meeste van die tyd negatief en afbrekend te wees. Party mense kry seer as mens sekere goed sê of doen en ander neem dit op in hulle menswees en raak self vasgevang in ‘n donker gat waar hulle nie kan uitkom nie. Al hou jy nie daarvan nie is JY ‘n leier vir jongmense en julle songs en gedrag beinvloed BAIE mense se lewens. Ek is ‘n fan van jou musiek ek hoop en glo dat ek eendag ‘n fan van jou menswees kan word. Die beter manier is onvoorwaardelike liefde. Ek het seker nog ‘n paar dinge om te sê, maar ek sal dit hou vir as ons eendag, hopelik ontmoet.
Dit was vir my ‘n eer om ‘n klein deeltjie van my siel met jou te deel. Vrede & Liefde bra.
Christus vir ewig.
Jaco.
No comments:
Post a Comment