Tuesday, October 6, 2009

Anti-held III: Die ketter kerk... (‘n teorie wat ek met C deel)


Vir die laaste 6 jaar van my lewe jam ek in ‘n kerkband. Ek het deur al die teologiese fases gegaan van waar vriende my oordeel tot hero vir ou ooms, maar nie een van daai situasies kon my voorberei vir waarmee ek nou baklei nie.Vir die laaste paar maande as ek daar op die ou NG stage staan en jam, voel dit net nie meer reg nie. Iets voel missing. Dis asof ek nie die aanbidding voel nie, nie meer hoendervleis kry as ek ‘n awesome song jam nie, dit het my baie gepla. Almal lable mos ‘n worship sessie volgens die “aanvoel van die gees”. Ek dog toe maar dis net nog ‘n fase waardeur ek moet worstel om te groei, ek was weer verkeerd... Ek speel ook in ‘n ander band wat nie in die kerk jam nie en dis toe in daardie konteks waar die kontroversie en al die antwoorde oorsprong kry. So drie weke terug jam ons toe weer in ‘n lekker pub hier in die Burg en vir daardie kort tydjie wat ek op stage was, was ek vasgevang in ‘n intense bubble van daai gevoel wat ek altyd in die kerk gekry het. Ek het dit nie verstaan nie, totdat ek Vrydag aand by Aardklop tussen die “heidinne” gepartytjie het. Ons was in Yoof waar ek bitter graag Klopjag wou kyk. Iewers tussen die pooltafel, die badkamer en die bar verval ek in ‘n gesprek met een van my vriende. Dit was so intens dat hy op ‘n stadium ‘n traan gelek het. Om eerlik te wees het ek nie antwoorde op sy vrae gehad nie, ek kon net luister en lief wees. Bra as jy hierdie lees, baie baie dankie dat jy jou siel met my gedeel het. Jy’s ‘n legend! Anyway, na die siek cool gesprek stap ek toe met ‘n tuimeldroër maag in die crowd in om myself biedjie te verloor in die musiek van Klopjag. Wow dit was cool, mense het die liedjies gesing asof dit die volkslied was op ‘n drie-nasies final. Mense het die liedjies hulle eie gemaak en die boodskap (wat positief is) wat Dawie en die ander probeer verkondig, verstaan. Ek dink nie elke persoon in die gehoor het dieselfde emosie gedeel nie en ek dink ook nie almal weet mooi waaroor al die songs gaan nie. Wat ek wil sê is dat dit opreg was, niemand het ”Skree” in ‘n fake stem gesing nie, niemand het ‘n masker opgesit en gemaak asof hulle nog nooit in ‘n verhouding seer gekry het nie. Hulle het al die betrokke emosies los gelaat. Almal het dit gesien vir wat dit was en daarin soos ‘n koor saam gesing. Almal was in daai paar songs baie opreg oor wie hulle is en hoekom hulle in ‘n club is en nie by die huis met ‘n Bybel voor hulle nie. Opregtheid in gebrokenheid? Is dit waaroor worship gaan? Aanbidding is maar net waar jy sê hoe great God is en dankie sê vir wat jy het. Die probleem is dat min mense dit regtig opreg doen. In ‘n kerk waar almal verwag dat jy o.k. is en jy moet lyk asof jy als onder beheer het dink ek nie mense kan opreg wees nie. Dis maar my persepsie al weet ek dat worship in ‘n kerk baie doen en baie belangrik is. So week of 2 terug was daar ‘n huge ding in die koerant oor ‘n dominee van Colingee wat o.a. in ‘n pub gesien is. Blykbaar het die hele dorp en ‘n ander gemeente die dude genail oor sy gedrag. Hy het in hierdie Sondag se koerant verduidelik dat die pubs “ook restaurante is”. Weet jy wat, Jesus se hande en voete was flippen vuil. Hy was in daai scethcy plekke tussen gebroke mense waar hy hulle gesond gemaak het. As Oppikoppi 2000 jaar terug al bestaan het is ek seker dat Jesus daar sou wees en nie as ‘n VIP nie! Baie kerke en Christenne sal my op ‘n brandstapel wil sit oor hierdie note. Dis cool met my, want ek whorship in clubs en pubs. Daar waar ek net soos die res gebroke kan wees, dit weet en net dankbaar wees dat God baie slimmer, groter en cooler as ek is. Dis hoe ek op hierdie stadium van my lewe aanbid. Dis makliker en meer opreg, hoe kan jy iemand oordeel as jy self met ‘n bier in die hand staan?

Dis wanneer worship groter as musiek word, want dit gaan oor ‘n opregte hart.

Christus vir ewig.

No comments:

Post a Comment