skip to main |
skip to sidebar
Hey dude, Ek het nog nooit die voorreg gehad om jou persoonlik te ontmoet nie, maar vandat ek 16 jaar oud is word ek deur jou en die Bellville manne beinvloed en mag ek net sê, “what a ride!”. Ek het geleer dat die wêreld nie meer kwaad genoeg is nie! Met al die bad stuff wat ons deesdae toelaat om te gebeur is ek dankbaar om nog so stukkie gesonde aggressie by julle te hoor…die wêreld is deurmekaar, dis nie meer net ons land wat brand nie…en al kry julle baie “flack” dink ek dis goed dat iemand bietjie opstaan en hul monde oopmaak en rage teen wat fout is in die wereld.Maar ek wil graag vir jou die meeste dankie sê dat julle die skynheiligheid in die kerke kom ontbloot het…WHAT A SONG! Ek is self ‘n volgeling van Christus (al lyk dit nie 100% van die tyd so nie). Ek wil net namens al die “gelowiges”, “kerke” en “perfekte mense” opreg, jammer sê vir al die oordeel, veroordeel en seer wat ons moontlik vir julle gebring het. Jammer dat ons mense sê ons verteenwoordig Jesus en is ons soms so afgesonder en oordelend teenoor mense wat dalk groot vrae het of nie in Hom glo nie.
Ek het nog altyd julle musiek waardeer, maar waneer dit by julle uitgekom het was ek ‘n hele paar keer voor in die ry om julle te oordeel. Dit maak my flippen bly om vir jou te kan sê dat dit baie minder gebeur!
Jammer bra.
Ek moet bieg, soms wonder ek egter of julle nie maar met julle groot nemesis (die kerk) in 1 kraal slaap nie? Verstaan my reg, ek wil nie judge nie…maar soms wonder ek of julle nie julle self maar skuldig maak aan presies wat julle die christene van beskuldig en reg is oor nie? Doen julle nie maar dieslefde wanneer julle mense judge nie? En maak juis dit julle nie dan ook maar bloot net skynheilig nie? Miskien is skeinheilig vir julle ook geskryf?
Ek was so paar maande terug by back 2 basics toe julle daar in JHB gespeel het. Dit was ‘n Sondag net na koppi. In die een song het ons oog kontak gemaak en ek moet vir jou sê dit was seker die weirdste ervaring wat ek al in my lewe gehad het. Dit het vir my gevoel of ons altwee se persoonlikhede, soos noord en noord, op 2 magnete mekaar wegstoot. Daardie aand het my persepsie oor jou baie verander. Ek het gestaan en kyk hoe ‘n hele klomp skool kids aan jou lippe hang en jou toejuig elke keer as jy daai bass so goed laat sing. Maar dit was nie vir my ‘n positiewe ervaring gewees nie. Dit wat gesê en gedoen was, was nie gesond nie. Dit is nie oordat dit ‘n Sondag was nie, ek self het kerk ‘n skip gegee om die “van coke” show te gaan beleef, daar was net geen liefde in julle show nie.
Sedert daardie dag het ek baie mense (wat jou baie beter as ek ken) se persepsies oor jou gehoor en een ding het vir my uitgestaan… Almal dink ten spyte van als wat jy is en doen het jy meer potensiaal as wat jy dink jy besit. Ek verstaan net nie hoekom jy soms so negatief voorkom nie? Veral nie omdat jyself juis so teen die negatiewiteit van die wêreld rebeleer nie?
Dis amper asof ons by n rugby game sit…ek het geleer dat dit maklik is om op die kantlyn te sit en te “BOO!!!”, komentaar te lewer en die spelers met lemoene en bier bottles te gooi! Maar dis iets anders om self op te draf en die game te gaan jol…
Nou’s my vraag maar net…is dit nie beter om n positiewe impak te kom help maak nie? Julle skryf orie hemel daar in die platteland…en ek love dit…maar gister het ek en n paar dudes die hemel na die platteland toe gevat met kos en stuff, omdat daar besonderse paar vrouens is wat ten spyte van al die bad en teenkanting in die wereld vir n paar weeskinders in shacks probeer sorg…en op die flipside was dit ons wat vrede en sinvolheid in ons harte gevind het! Sien, ek het geleer dat om vir meer as net onself te leef, joy bring…en dat liefde ‘n baie groot verskil maak in mense se lewens, veral as jy dit bewys en nie net sê nie.
Ek wil jou uitnooi om jou eie persepsies te challenge en in jou denke te groei en met jou kreatiewe hart te gaan struggle, want daar is genuine net soveel meer! Die kerk het baie hiccups…jy weet dit beter as ek…maar wil jy ons nie eerder kom help om dit te change nie? Jy sien waar ons nodig het om te groei…wil jy ons nie help om met liefde te rage nie en hierdie mense se persepsies te gaan verander nie?
Ek ken ‘n paar mense wat liefde ‘n keuse maak en nie net ‘n gevoel nie. Wynand ek wil net vir jou sê dat ten spyte van wat jy als al gedoen, gesê en beleef het, ek kies om jou lief te hê vir wie jy is!
Baie mense gaan seker kommentaar op hierdie stuk hê en my as ‘n vriend add, net omdat ek die “guts” het om dit vir jou te skryf. Vir my gaan dit oor liefde. Ek probeer vir dit veg en as ek vir dit veg is dit nie om dit te kry nie, maar om dit te gee. Omdat ek jou nie eers op facebook as ‘n friend het nie is dit ongelukkig die enigste manier wat ek het om dit te doen. Ek probeer maar net dien.
Om nou ‘n baie lang brief af te sluit wil ek net met jou deel dat: Ek weet dat daar ‘n beter manier is om fans te kry as om meeste van die tyd negatief en afbrekend te wees. Party mense kry seer as mens sekere goed sê of doen en ander neem dit op in hulle menswees en raak self vasgevang in ‘n donker gat waar hulle nie kan uitkom nie. Al hou jy nie daarvan nie is JY ‘n leier vir jongmense en julle songs en gedrag beinvloed BAIE mense se lewens. Ek is ‘n fan van jou musiek ek hoop en glo dat ek eendag ‘n fan van jou menswees kan word. Die beter manier is onvoorwaardelike liefde. Ek het seker nog ‘n paar dinge om te sê, maar ek sal dit hou vir as ons eendag, hopelik ontmoet.
Dit was vir my ‘n eer om ‘n klein deeltjie van my siel met jou te deel. Vrede & Liefde bra.
Christus vir ewig.
Jaco.
Dis 9:53 op ‘n Vrydag aand en ek is MOER verstreerd! Vir die laaste maand of twee grou ek vir myself ‘n lekker diep gat van gemak, waar ek net kan chill en doen wat ek wil. Dis amper soos daai gat waarin almal op new-years op Margate se strand “chill”. Daai gat is nie gesond nie… Ja die gevoel van fun is lekker as die bier vloei en die musiek jou wese laat glimlag, maar daar is altyd die realiteit dat realiteit gaan seevier. Dit doen, altyd! Daar is hierdie legende onder jongmense wat sê dat die lewe tussen 16 en 26 ‘n awesome party is: “Ja dis nie altyd gesond nie, maar ek is mos nog jonk en ek sal leer uit my foute! Hori bra, mens is net een keer jonk en ek wil memories maak so verskoon my as ek nie perfek is nie.” Wow as daar een ding in die wêreld is wat my pla is dit daai stelling…
Ek weet van ‘n BAIE awesome dude wat meer memories het as enige van die jongmense wat ek ken. Van die dag toe hy dood is, word sy naam daagliks oral in die wêreld geuiter… Sy naam was Dawid en hy het op die ouderdom van 13 jaar voor Goliat gestaan sy gat geskop en ek belowe jou dat dit fun was. Niemand het gese hy moet dit doen nie, niemand nie. Hy het gekies om dit te doen, want hy het geweet dat hy vir beter bedoel is. Kom ek maak ‘n stelling waarmee jy dalk nie gaan saamstem nie… Jy, ja jy is vir beter bestem. Hoekom lewe elke jongmens in hierdie gat van werk/swot en kuier, meisies, ouens, vriende en fans? Is dit regtig die top punt van geluk en vrede? Ek dink nie so nie. Ek dink elke jonmens op die aarde kan iets awesome regkry as hy/sy net probeer. Iets regtig moeilik, iets waarvoor mense jou gaan onthou nadat jy dood is.
Een van my vriende is dood toe hy 16 is. Om eerlik te wees kan ek nie eers onthou wanneer laas ek aan hom gedink het nie. Is dit al wat hy nou is? ‘n Vaal herinnering van iemand wat ek eendag geken het? Vir hoe lank na jou dood gaan mense jou nog onthou? En vir wat? Die persoon wat weet hoe om te party of die person wat gekies het om te LEWE? Sê nou net elke jongmens in die land kies om iets regtig moeilik en positief te doen soos om ‘n leier te wees vir Julius Mallema… Ja, ja hou op lag ek is ernstig! Dink net aan hoe cool die leiers van ons land oor 10 jaar gaan wees as daar ‘n hele paar is wat dit regkry! As jy op ‘n negatiewe manier na die stelling kyk wil ek net vir jou sê dat dit regtig onnodig is en dat jy niemand help as jy so is nie!
Dawid het baie foute gemaak nadat hy Goliat se gat geskop het hy het tot moord gepleeg. Maar op die ou einde kyk ons almal op na hom, hoekom? Hy het net gekies om vir meer te lewe as die logiese waarheid. Hy het gekies om uit te staan as die een wat anders wil wees, die een wat wil dien en die een wat wil leer. Nou wil ek jou challenge om dit ook te gaan doen! Gaan wees meer as wat die wêreld vir jou sê jy is. Gaan wees ’n mens en nie ‘n robot nie, enige iemand kan suip, joint rook en sex hê. Dis die mense wat kies om dit nie te doen nie waarna ek opkyk en by wie ek wil leer.
Ek probeer om uit die gat uit te klim en my eie legende te wees. Wat dink jy daarvan?
Ek sit en grou rond in my kop, tussen al die herinneringe en gebeurtenisse wat my persepsie van omtrent alles in die laaste jaar verander het. Die een wat vir ewig in my siel uitgekerf gaan wees is die herinnering wat ek het van twee mense by ‘n pub in Stellenbosch waar ‘n mens altyd omring is met berge en baie, dronk bergies. Daar kom staan ‘n swart pa met ‘n kind langs ons en vra vir ‘n paar rand. Ek raak weg in my persoonlikheid en begin met die pa praat (om te hoor wat hom besiel om sy kind saam te bring as hy vir geld bedel), maar my oog vang die meisie wat die kind optel en vashou, asof dit haar eie is. In daardie oomblik verander haar hele menswees, innerlik en uiterlik... haar gesig is deurdrenk met onvoorwaardelike liefde, dit vir ‘n swart straatkind wie se naam sy tot vandag toe nie ken nie. Sy is nie gepla oor wie hy is, waarvandaan hy kom of waarheen hy gaan nie, maar als wat sy is word in daardie oomblik, in daardie vashou met die klein swart bondeltjie gedeel... en dit is die definisie van menswees en liefde. Liefde nie omdat... nie, maar liefde ten spyte van! Terwyl ek my verstaar aan die “engel” wie se hart uitgestort word kom ek agter dat as jy iemand nie liefhet vir wie hulle is nie, maar vir wat hulle kan wees gaan daar ‘n hele nuwe wêreld oop, ‘n wêreld waar jy oorloop van hoop (al is dit in ‘n gesprek met ‘n veroordeelde verkragter). Dit is snaaks hoe die mooiste mense in die wêreld die is, wat is wie hulle kan wees en nie die is wie hulle wil wees nie. Nou, as ek terug dink aan daardie dag, kom ek agter dat liefde nie ‘n gevoel is nie, maar ‘n besluit. Die besluit dat die lewe nie oor my geluk gaan nie , maar oor iets (Iemand) groter, iets wat deur geen dokter, ds. of wetenskaplike verklaar kan word nie. Die besluit wat ‘n smile op jou gesig plak wat geen band, brief, ou of meisie op hulle eie kan gee nie. Dit is wanneer jy ophou bestaan, en begin lewe! Die rede hoekom ons meer hou van bestaan as lewe is: As jy bestaan het jy beheer oor wie jy is en wie JY WIL wees... as jy lewe het jy nie beheer oor wie jy is nie, jy is wie jy KAN wees, wie jy geskep is om te wees. Dit is soos om van ‘n dak af te spring... jy weet een van twee dinge gaan gebeur, jy gaan of val of vlieg. Ek het nog nie een persoon ontmoet wat gekies het om te spring en geval het nie. Die moeilikste is net om oor die vrees te kom van val. (As jy glo SAL JY NIE VAL NIE.) Vir die wat van die Puk af kom... as jy lewe voel dit soos as jy ‘n bier net oopmaak en hom op die kop slaan met ‘n ander bottel... hy loop oor (van vrede en geluk)! Hoekom is dit dat jou lewe vir daardie oomblik sin maak, dat jy nie toevallig hier is nie en dat daar ‘n doel is met wie jy is, waar jy is en waarvandaan jy kom? Hoekom is dit dat ons, ons geluk soek in tasbare wêreldse dinge (wat baie fun is), as ons, ons geluk kan kry in daardie ding wat ons maak wie ons kan wees...wat om een of ander rede altyd dieper is meer beteken en baie meer fun is? En nou die slegte eerste...Die ergste is die eerste “fun” maak jou gewoonlik die volgende dag bietjie roes... waar die ander FUN jou siel laat oorloop van geluk, kos is vir jou lewe en jou as mens laat groei. Die beste is dat jy “fun” kan hê terwyl jy baie FUN het, soos waar jy en ‘n meisie by een van die mooiste plekke in die skepping sit, ‘n bier geniet en jou lewe deel met iemand wat nog nooit enige sin van ware geluk ervaar het nie...‘n smile op sy gesig sit en hom vir ‘n paar sekondes te laat vergeet dat hy bietjie dronk en baie honger is. Vir my is dit lewe. Om te wees wie ek kan wees, by ‘n plek waar ek wil wees en dit te deel met iemand vir wie ek lief is. Ek sal daardie gevoel nooit vergeet nie. Ek het daar verslaaf geraak aan die bevredigende gevoel van onvoorwaardelike liefde. Dit is my drug. Al wat hier bo neergeskyf is kan eenvoudig in twee harde vrae opgesom word... as jy vanaand alleen in jou bed lê, dink bietjie: Het my lewe ‘n doel, en wat is dit wat my lewe doel gee? ‘n Baie scary vraag as jy nie weet wie jy is nie... Net om dit bietjie erger te maak, enige verganklike iets wat dalk doel aan jou lewe gee is... VERKEERD.