Friday, September 25, 2009

Die legende van gemaklik wees.


Dis 9:53 op ‘n Vrydag aand en ek is MOER verstreerd! Vir die laaste maand of twee grou ek vir myself ‘n lekker diep gat van gemak, waar ek net kan chill en doen wat ek wil. Dis amper soos daai gat waarin almal op new-years op Margate se strand “chill”. Daai gat is nie gesond nie… Ja die gevoel van fun is lekker as die bier vloei en die musiek jou wese laat glimlag, maar daar is altyd die realiteit dat realiteit gaan seevier. Dit doen, altyd! Daar is hierdie legende onder jongmense wat sê dat die lewe tussen 16 en 26 ‘n awesome party is: “Ja dis nie altyd gesond nie, maar ek is mos nog jonk en ek sal leer uit my foute! Hori bra, mens is net een keer jonk en ek wil memories maak so verskoon my as ek nie perfek is nie.” Wow as daar een ding in die wêreld is wat my pla is dit daai stelling…

Ek weet van ‘n BAIE awesome dude wat meer memories het as enige van die jongmense wat ek ken. Van die dag toe hy dood is, word sy naam daagliks oral in die wêreld geuiter… Sy naam was Dawid en hy het op die ouderdom van 13 jaar voor Goliat gestaan sy gat geskop en ek belowe jou dat dit fun was. Niemand het gese hy moet dit doen nie, niemand nie. Hy het gekies om dit te doen, want hy het geweet dat hy vir beter bedoel is. Kom ek maak ‘n stelling waarmee jy dalk nie gaan saamstem nie… Jy, ja jy is vir beter bestem. Hoekom lewe elke jongmens in hierdie gat van werk/swot en kuier, meisies, ouens, vriende en fans? Is dit regtig die top punt van geluk en vrede? Ek dink nie so nie. Ek dink elke jonmens op die aarde kan iets awesome regkry as hy/sy net probeer. Iets regtig moeilik, iets waarvoor mense jou gaan onthou nadat jy dood is.


Een van my vriende is dood toe hy 16 is. Om eerlik te wees kan ek nie eers onthou wanneer laas ek aan hom gedink het nie. Is dit al wat hy nou is? ‘n Vaal herinnering van iemand wat ek eendag geken het? Vir hoe lank na jou dood gaan mense jou nog onthou? En vir wat? Die persoon wat weet hoe om te party of die person wat gekies het om te LEWE?
Sê nou net elke jongmens in die land kies om iets regtig moeilik en positief te doen soos om ‘n leier te wees vir Julius Mallema… Ja, ja hou op lag ek is ernstig! Dink net aan hoe cool die leiers van ons land oor 10 jaar gaan wees as daar ‘n hele paar is wat dit regkry! As jy op ‘n negatiewe manier na die stelling kyk wil ek net vir jou sê dat dit regtig onnodig is en dat jy niemand help as jy so is nie!

Dawid het baie foute gemaak nadat hy Goliat se gat geskop het hy het tot moord gepleeg. Maar op die ou einde kyk ons almal op na hom, hoekom? Hy het net gekies om vir meer te lewe as die logiese waarheid. Hy het gekies om uit te staan as die een wat anders wil wees, die een wat wil dien en die een wat wil leer. Nou wil ek jou challenge om dit ook te gaan doen! Gaan wees meer as wat die wêreld vir jou sê jy is. Gaan wees ’n mens en nie ‘n robot nie, enige iemand kan suip, joint rook en sex hê. Dis die mense wat kies om dit nie te doen nie waarna ek opkyk en by wie ek wil leer.


Ek probeer om uit die gat uit te klim en my eie legende te wees. Wat dink jy daarvan?

No comments:

Post a Comment